Skip to: Site menu | Main content





ANGOLA EXPEDITIONS 2010



The people on this tour


Pics

 

 
Movie Logistics and 61 mech 2010 Angola battlefield expedition

Angola ekspedisie: 2010

Revised: November 14, 2010 Tags:

Tydperk

11 Oktober tot 27 Oktober 2010

Roete beskrywing.

1. Dag 1 : Vertrek van Pretoria tot Zeerust, kruis Botswana/RSA grens by Skilpadshek, slaap oor by Kang Kalahari Rest Camp.(785 km)

2. Dag 2 : Kang tot Mamuno Botswana/Namibia grens, kruis grens en beweeg via Gobabis—Windhoek, oornag by Arebush karavaanpark.(739 km)

3. Dag 3 : Windhoek via Okahandja tot Tsumeb, oornag in Tsumeb karavaanpark.(426 km)

4. Dag 4 : Tsumeb tot Ondangwa, oornag Ondangwa ruskamp .(248 km)

5. Dag 5 : Ondangwa—Oshakati—Angola grens—Chetequera Xangongo. Oornag in bos naby Xangongo.(317 km)

Operasies in die gebied

  • Operasie Reindeer – Mei 1978 (Teiken Vietnam/Bravo)
  • Operasie Daisy – November 1981
  • 61 Meg teen Kubane – Calueque 26 Junie 1988

6. Dag 6 : Xangongo via Mongua tot Ondjiva, oornag naby Ondjiva in boskamp.(101 km)

  • Operasie Protea 1981.

7. Dag 7 : Ekstra dag

8. Dag 8 : Ondjiva via Mupa, Cuvelai tot Cassinga. Oornag naby Cassinga in ‘n boskamp.(227 km)

  • Operasie Meebos 1982
  • Operasie Sceptic – Junie 1980 (Doelwit Smokeshell)
  • Operasie Reindeer – Mei 1978 (Doelwit Moskou/Alpha)
  • Operasie Askari – 1983/1984

Cassinga tot Jamba via Indungo (75 km)
Oornag naby Jamba

  • Operasie Firewood

9. Dag 9 : Jamba omgewing tot omgewing Cucchi, oornag naby Cucchi boskamp.(124 km)

10. Dag 10 : Cucchi tot naby Menongue, oornag in boskamp.(88 km)

11. Dag 11 : Menongue omgewing tot Longa, kamp by Longa rivier brug.(97 km)

12. Dag 12 : Longa tot Quito Cuanavale, kruis brug vir ‘n kort end, nog baie myne verder, besigtig slagveld en keer terug tot Longa, oornag weer by Longa.(226 km)

  • Operasie Congress II – 1985
  • Operasie Moduler – 1987
  • Operasie Hooper – 1988
  • Operasie Packer – 1988

13. Dag 13 : Van Longa terug na Menongue en verder suid tot Caiundo op die Okavango Rivier.(194 km)

  • Operasies van 32 Bataljon.

14. Dag 14 : Caiundo volg Okavango rivier suid tot Savate.(147 km)

  • Operasie Savate – 32 Bataljon.

15. Dag 15 : Savate tot Angola/Namibia grens by Katwitwe, kruis grens en vertrek verder Sarasungu Lodge by Rundu—kamp by karavaanpark(258 km)

16. Dag 16 : Rundu tot Kang—oornag by oornag by Kalahari Rest camp.(628 km)

17. Dag 17 : Kang suidwaarts, kruis Botswana/RSA grens—via Zeerust terug tot Pretoria.(785 km)

Kostes.

Die kostes beloop R15,000.00 per persoon, as die groep uit 18 lede op toer bestaan , uitsluitend die gidsgroep.

Indien minder as 18 lede op die toer gaan, sal die kostes dienooreenkomstig aangepas word.

Die kostes sluit in:

  • Die kostes sluit in die begeleiding met ’n gidsvoertuig wat ’n Toyota Landcruiser is met Koos Moorcroft as Angola gids en Josè Livingue as Angolese tolk.

Die gidsvoertuig is ten volle toegerus vir herwinningsdoeleindes.

  • Daar is 3 toervoertuie, naamlik:
  • ’n 10 sitplek Landcruiser met gemaklike sitplekke, lugreëling en ’n bestuurder
  • ’n Landcruiser bakkie wat dien as logistieke voertuig met ’n sleepwa en bestuurder
  • Twee Toyota Hilux voertuie 4X4 met plek vir 8 mense en die bestuurders vir die 2 voertuie kom uit die toerlede.
  • Brandstof vir die voertuie
  • Alle kamp uitrusting
  • Eetgerei
  • 3 Maaltye per dag
  • Voertuigversekering
  • Visums vir Angola
  • Tolhek kostes
  • Alle kampeer kostes – Kang—Botswana ,Windhoek—Namibie ,Tsumeb—Namibie ,Ondangwa—Namibie, Rundu—Namibie en Kang—Botswana

Kostes sluit uit:

  • Slaapsak
  • Kussing
  • Malaria tablette

Administratiewe reelings:

Nuusbriewe sal uitgestuur word om voorbereiding en beplannings prosesse te steun en die reelings te bevestig oor die voorbereiding van dokumentasie asook mediese reelings.

Visum kostes is ingesluit in die prys per persoon en sal twee weke voor vertrek gereël word deur Africa Bushcraft & Survival Adventures.

Jaap Steyn se ervaring van die 61 Meg Angola ekspedisie

Revised: April 17, 2011 Tags:

Ek was bevoorreg om op albei toere sover te gewees het

Ek het die voorreg gehad om beide toere wat sover aangebied was mee te maak en as ek lees wat Neels Raulstone op ons member site skryf, uit dit wat hy ervaar het uit Botties se boek, besef ek net weer watse geweldige voorreg dit was om deel daarvan te kon wees.

Louis Bothma se insette

Hoe Louis al die feite so akkuraat onthou, dit so getrou en feitelik te kon weergee is voorwaar ’n gawe. Nadat ek Die Buffel Struikel (een van Louis Bothma se vorige boeke) gelees het, het die totale prentjie ten opsigte van die aanloop tot die Angola oorlog soos n boek oopgeval. Net te danke aan die deeglike navorsing wat Louis doen.

Die genot gaan die ongemak te bowe

Nou sit ons in die VISKAS en skud, vreet ’n bietjie stof soos ’n ou net in Angola kan want ons drywer, PW, soos net ’n taxi drywer kan, wil op die voorste ou se gat ry. Die vreemdste is dat dit ons nie pla nie, ons is te besig om na die twee manne Roland en Louis te luister.

Die feitlike kennis (soos dit werklik was) van Roland en die navorsingskennis van Louis en die huiswerk wat hy gedoen het tov lede wat in die operasionele gebied dood is , asook dit wat hy vir die ouers beteken het om vrede in hulle harte te kry , is te groot om in woorde te verduidelik.

Nadat ek “Anderkant Cuito” toegemaak het was my eerste gedagtes; Louis Bothma jy het my die toer weer laat beleef en hel ek moet weer die boek lees, se nou net ek het iets gemis toe ek ’n paar keer visgevang het van die vaak, aangesien ek nie kon ophou lees nie.

Elke toer is uniek

Elke toer was absoluut uniek. Verskillende mense in elke groep gee ander dimensie aan so ’n toer. Net jammer daar was nie in 2009 iemand wat die toer in ’n reisverhaal kon omskep nie.

Gelukkig was Koos Moorcroft weer die toergids, daar is nie iemand anders wat dit op daardie wyse, met die gepaste musiek in die vroee oggend ure kan aanbied nie.

Die sigbare tekens van die oorlog word minder

My plekkie is geboek vir Oktober 2011. Die sigbare tekens van oorlog word elke jaar minder, en die van teerpaaie en spoorlyne al meer. Ontwikkeling gaan tog op die ou end baie spore doodmaak.

Die eerste jaar ry ons net deur Cuito, die tweede jaar slaap ons in die middel van die dorp in die park, hierdie jaar is daar n moontlikheid om na die drie Olifant tenks te gaan kyk wat nog steeds in die mynvelde staan waar hulle in die laaste gevegte agtergebly het.

Kom ervaar dit eerder self dan weet jy ook hoe dit voel

Nadat Deon Lambrechts se vier artikels in Rapport van 7 November 2010 en drie weke daarna verskyn het, was daar ouens wat in hulle kommentaar baie uitlatings gemaak het oor die doel van die toer, wat die ouens nou daar gaan maak ens.

Ek glo net dit wat jy nie ervaar nie , kan jy nie oor praat nie. Die meer as dertig lede wat al daar was, het almal gese dat dit die moeite werd was.(selfs die wat nie in 61 gedien het nie) Watter voorreg om die broers Camille en Rudolf Burger saam te kon he (Pantser en Recce). Die groep was magic